Ek is darem ‘n man met vele gelukkies. Maar kyk nou net hoe werk my geluk. Ek score maar ek score ook nie..
Dit is met groot blydskap en nederige dankbaarheid dat ons Ernst en sy bruid se droom saam hul vier.
Kyk, hier is die bewyse!
“Hello Pierre”“Ek wil graag my en my vrou se storie deel met julle rakende die swangerskap waarmee jy ons gehelp het.Ons gee al die eer aan God dat Hy ons geseën het met n seun en dank Hom ook vir mense soos julle by Ecohealth.Ons het lank gebid vir n kind.Ons verhaal het begin in 2018. Vanaf 2018 sukkel ons dat my vrou swanger raak. Daar was wel n miskraam einde 2018.In 2019 het ek gegaan vir toetse en daar was gevind my sperm telling is baie laag en met net 1% wat reg funksioneer.So het ons voort probeer en probeer om gesond eet, en als wat mens moontlik kon doen om meer vrugbaar te wees.In 2021 het ons geld bymekaar geskraap om na ‘n spesialis te besoek wat in vrugbaarheid spesialiseer.Na baie duisende rande is daar weereens net gese ek het n 1% kans om sukses natuurlik en ons sal moet IVF om ons teminste n 30% kans te gee tot sukses.Ons het nie R50 000 vir n 30% kans nie en is ook nie gemaklik met die chemiese hormoonbehandeling op my vrou wat niks makeer nie. Haar tellings is baie goed.So het ons aangehou bid en vertrou op die Here dat Hy ons n uitweg sal gee.Einde 2021.Ons was gedwing om die Covid-entstof te neem. Net om twee maande daarna erg Covid-siek te word.Ons het besluit om jou by Ecohealth te kom besoek.Jy het my gehelp met natuurlike produkte om weer my immuunstelsel op te bou.Ons het jou toe vertel dat ons sukkel om my vrou swanger te kry.So het jy my gehelp met ‘n kombinasie van produkte wat my immuunstelsel en my vrugbaarheid op te bou.
Kolostrum kollageen fulvicsuur Hippie shake Baie kefir en probiotika en Natuurlike vitamiene wat jy hetEk het dit getrou gedrink.En suiker en stysel uitgesnywat inflammasie kon veroorsaak.In Mei 2022 het ons die wonderlike nuus gekryDat my vrou 5 weke swanger is. Sy het swanger geraak op die natuurlike manier geen gemiese of hormoon behandeling nie.Die probleem was inelk geval nie by haar nie.Die Here is die een wat lewe skenk.Ek dank Hom vir mense soos Ecohealth vir die kennis wat Hy aan jou gegee het om deur natuurlike middele mense te kan help om gesond te word.Ek was nog nooit gemaklik met chemiese produkte nie. Deur ons gebede het die Here ons gelei na mense soos Ecohealth wat ons kon help.Dankie Pierre en jou span vir julle wonderlike produkte en vir die aangename mense wat julle is.”
Tagged collagen, colostrum, fulvic acid