29/10/2022 – Annelien Ferguson:
Annelien beskrywe self haar skete. Ook haar moedeloosheid en vrese. Hier is haar verslae ook.
Annelien het erge kandida ook gehad. Wat vir enige vrou ‘n erge verleentheid is. Ek het nou nie nodig om die inflammasie en afskeidings en seer asook verleentheid grafies verder te beskrywe nie.
Die invloed daarvan weer op die vrouedele word weereens in die verslag mooi beskrywe.
Die agteruitgang van die toestand het ‘n verskriklike invloed op mens se geestestoestand. Lees dit in haar skrywes raak. En, sy is nie koekoes mens nie.
Die seer, ongemaak, die baklei daarteen, die kostes, persoonlike intieme sake en die konstante agteruitgang van die situasie maak enige vrou van haar wysie af.
Onkunde van die situasie maak mense ook onnodiglik verdag. Verdink die man, verdink die vrou van vreeslike goed.
Als onnodig en dan, as dit nie meer kan nie, dan moet ‘n man/vrou hierdie wrede ongemaklike waarheid hartseer kom deel want dit verwoes hulle.
Gee hul ‘n hartseer psigosomatiese toestand. Iets wat hul nie maklik met ander kan deel nie.
Wanneer hul nie meer kan nie, lê met hul hartseer wrede waarheid voor jou. Ontbloot in hul hele psige en wese.
Asseblief. Help! En dit is wat ons hier by Ecohealth doen.
Ek het kandida in my Blog mooi beskrywe. Ook die rol van suiker en stysel.
Annalien skrywe
Dankie baie vir wat jy vandag vir my gedoen het, en my so op my gemak laat voel het in so n moeilike situsie.
Ek gaan doen wat jy my gese het en ek sien jou defnitief weer die einde vd maand. Dankie dat jy so n omgee mens is
01/11/2022] Annelien Ferguson:
Jammer ek pla weer. Maar wil net weet, julle het my umkhonto, bioworks, fulvic acid, kameelmelk, kabucu en colostrum, en kolageen gegee om te drink.
Dit was Saterdag, ek drink ook Kierie se moer en 1 engelse sout kapsule en ek moes al die suiker en stysel sny wat ek doen van Saterdag af, maar iets is fout.
Ek het erge pyn net onder my ribbes, voel soos n belt wat te styf trek, my niere pyn ek het erge pyn op my blaas, hoofpyn en dan nog die period pyn bo op dit o ja al my spiere trek knoppe.
Is dit deel vd detox of doen ek iets verkeerd meneer, ek voel regtig baie goor, gaan dit oorgaan of moet ek iets verander? Help asb !!!,
O ja ek drink spice mix ook. Ek voel soos dood gaan jong eks nog naar ook
01/11/2022] Annelien Ferguson: Dit was alles vir candida
01/11/2022] Pierre:
Dit is deel van detoks en die liggaam wat baklei om te herstel. Byt jy net vas. Dis nie rerig ernstige goed nie. Net ‘n stryd en ongemaklik. Jammer hieroor!
Annelien Ferguson: Oo okay baie dankie
Hi Pierre. Dis weer ek ou kla kous.
Ek het die aller aakligste pyne wat vir my gevoel het soos period pyne, maar net 10 x erger. My man het my toe dokter toe gevat en hy het my vir ‘n sonar en ‘n CT scan gestuur.
Die dokter is baie bekommerd oor die derm en wou my sommer in die hospitaal inboek. Maar, ek het mos nie n medies nie. So nou sit ek weer en hoop ek jy sal my kan reg dokter soos met my vorige probleem.
Ek stuur vir jou die verslag.
Wat kan ek doen, wat sal help vir d pyn of sal ek maar moet hospitaal toe op drips met antibiotika soos dokter voorgestel het.
Sal waardeer as jy my weer kan help.
O ja eks nogsteeds baie dronk in die kop
En dan gister se nuus
Goeie nuus is jou medisyne het 100% gewerk en alles wat in d baarmoeder was met vorige sonars is heeltemal weg en eks baie dankbaar, jou meds het gewerk.
Baaaie dankie
Lees maar gerus die laaste verslag se laaste sin.
Weereens, alle eer en erkenning aan die Gewer van die Goeie, van Kennis en liefde en die skenk van natuurlike produkte.
Ek dink ons het haar 3 keer in die fabriek behandel. Dalk minder.