Mamma Alta skryf haar storie op 26 Oktober 2023:

Ek het so 3 weke gelede e-pos gestuur oor ons rescue hondjie met katgriep.

  • Hondjie het oorleef. Veearts het urien toets gedoen laas week en haar UBG lesing was die diep oranje kleur by UBG +4
  • Al haar ander lesings was mooi.
  • Tans voer ons (Ander Duur) puppy kos.
  • Op veearts se aanbeveling gee ons Hepavet  x 1 en Protexin 2g per dag.
  • Ons vul ook aan met Pierre se  Kolostrum poeier ‘n halwe teelepel per dag.

 

Sy was vir 7 dae op Betamox 250mg 2 x per dag en die kursus is Dinsdagaand voltooi. 

Ek het op die Eco Health blad gaan lees en merk die volgende op:

Sommige pasiënte kry Milk Thistle aanvulling en Omega 3 sowel as Heptonic.

Ek sien op ‘n plek het Pierre die Fulvic ook aanbeveel – ek sien Fulvic bevat ook Copper. Ek het opgelees dat die Copper skadelik is vir die lewer omdat dit in sommige pasiënte opbou. Dus wil ek weet of ek dit kan gee of nie.

Ons weet nie wat die oorsprong van die skade is nie. Geen bloedtoetse gedoen nie.

Sy het nie bosluiskoors nie – daarvoor is getoets. Dus vermoed veearts Hepatitis.

Sy is tans nie geel nie, maar haar eetlus het aansienlik geval sedert die antibiotika voltooi is. Sy drink water en eet. Magie werk normaal dis nie diaree nie en sy braak nie.

 

Ek kort asb leiding wat verdere aanvullings aan betref en dan watter kos is toelaatbaar? 

Moet ons oorgaan na ‘n rou dieet?

Wat sluit dit in wat nie die lewer verder sal stres nie.

 

Sy is geskat nou amper 7 maande oud en al 3 weke by ons. Ek wil haar so graag ‘n beter lewe gee. Ek weet ons kan nie die lewer gesond maak nie, maar ek sal so dankbaar wees as ons haar lewe net bietjie makliker kan maak en die lewer kan ondersteun dat sy darem nog so ‘n rukkie langer by ons kan wees 

Baie dankie vir jou tyd en al die goeie dinge wat jy vir mens en dier doen.

Groete

Alta

 

Die voorstel :

  1. Animal shake
  2. Kefir en animal probiotika
  3. Fulvicsuur, daardie koper is voedselgraad
  4. Gee kolostrum by

 

Op 29 November 2023 skryf Alta weer:

Hi Pierre

Ek wil vanoggend net baie dankie sê vir jou aanbevelings rakende ons hondjie se lewer en voor dit die katgriep.

Ons het vanoggend vir haar 3de inentings gevat.

Sy weeg tans 18.55kg en die uriene toets is so skoon dat ons veearts sê as hy nie self getoets het nie sou hy sê die stokkie is nie gebruik nie.

Geen teken van die lewerskade van vroeër toe hy gesê het haar lewer is in sy mo*r nie.

Ons voer haar tans jou puppy kos.

Sy kry die probiotic spray, colostrum poeier, fermented camel milk en animal shake.

One fulvic is tans klaar, maar gaan die naweek weer kry. 

Aangeheg ‘n foto van haar vordering.

Nogmaals baie dankie.”