Baie dankie Estelle, dat jy moeite gemaak het om die storie te skrywe. Ek plaas die stories om vir ander hoop te gee. En dankie dat jy bereid was om dit te doen.
En kyk net hoe mooi is jy noudat jy gesond is?
Mens moet maar soms reguit en eerlik presies sê hoe en wat ‘n ding is. Sonder soetwoordjies en ordentlikheid.
Dis Kalahari-Afrikaans. Laat jou met absoluut geen ander opsie as die werklikheid en die rou waarheid nie.
Estelle se verhaal!
Hoe sê mens DANKIE??
Wanneer ‘n mens dit die eerste keer hoor, klink dit na ‘n dom vraag … “Hoe sê mens dankie?” Dis maklik, sou iemand kon sê … jy sê net “Dankie!”
Maar wag tot die dag dat jy werklik dankbaar is … Dan sien mens wat die vraag eintlik behels … “Hoe sê mens Dankie?”
Iemand skryf ”Dankbaarheid is nie om te verwoord nie maar die verlange om te verwoord “
Agtergrond:
Ek skryf ‘n facebook inboks aan Pierre van Nierkerk op 15 Maart 2023 wat lui soos die:
Goeienaand Pierre
Ek weet jy sal seker 100de inbokse en boodskappe per dag kry. Ek het jou hulp nodig met my gesondheid en wil graag weet wat jy sal aanbeveel vir my om te gebruik van jou produkte.
Ek voel soos n alien wat nie kan aanpas in ons atmosfeer en of ek letterlik allergies is moontlik vir my eie spoeg (skryf dit maar toe aan frustrasie).
Ek het kroniese allergieë – rhinitis, gras, stof (ons bly in n stof storm dorp Cradock), styfmeel en dierehare (Ek het 8 honde en 6 katte wat ek weier om weg te gee (hulle is my kinders en ek glo jy sal verstaan, want die Drs doen nie) dan leef ek maar so voort soos die laaste 37 jaar.
Ek het ook laasjaar uitgevind ek het bloedarmmoede, ek stuur die resultate vir jou om na te kyk asook die Dr se voorskrifte.
Ek is so gedaan en kragteloos (Ken jy ware moegheid wat tot binne jou oë weerspieë?) en sukkel met insomnia en ek word kort kort siek, griep, verkoues, hooikoors, bors trek toe, pyn in my ribbekaste, kroniese kopsere en lyfseer wat voel asof dit uit my joints en bene kom en hewige haarverlies asook hande wat swel en voete wat dan ń brandende pyn in het.
Ek sal jou ewig dankbaar wees as jy my kan help om op die optimale behandeling te kan kom asseblief.
Pierre antwoord op 17 Maart 2023 as volg:
- Doen ‘n detox
- (Ek herhaal maar nie wat hy vir my nonchalant maar reguit gesê het nie. Dat ek maar net ‘n mooi meisie vol …. is nie. Dis al. Niks anders nie.) Sommer net so! Reguit! Hahahaha.
- Hy stel toe voor dat ek die volgende produkte moet kry saam met die kolon en lewer skoonmaak of detoks.
- Kolostrum
- Kollageen
- Fulvicsuur
- Probiotika
- Gut Healt
- Hippie Shake
Ek bestel dit by my naaste depot in Port Elizabeth by Marietjie Lobb van Gift of Health
Op Vrydag 24 Maart 2023 dit kom vanoggend 27 Maart 2023 by my werk aan.
En ek drink dadelik daarvan.
Sien die resultate na ‘n paar ure en kyk na die fotos van hoe ek daagliks gelyk het vir die laaste paar weke, maande en jare met blou sakke onder my oë (my kollegas en huismense kan getuig hiervan.)
Jy kan dan maar self besluit of Pierre en sy produkte van Ecohealth die moeite werd is of nie.
Wanneer jy op moedverloor se vlaktes staan en jy nie meer wil lewe nie, want dit is nie meer ‘n lewe om kronies siek en gedaan te wees nie, dan kom die grootste engel op jou pad en ek kan net God dank vir Pierre van Nierkerk en sy produkte.
DANKIE, DANKIE, DANKIE en nogmaals DANKIE!!!
Ek verstaan nou dat dankie sê een van die moeilikste dinge is om te doen, en dat die regte woorde soms stol in my keel.
Net dat die woord DANKIE nou al te klein en waardeloos voel om te gebruik, JY Pierre van Niekerk, jy verdien ‘n groot en kragtige DANKIE van iemand wat op moedverloor se vlaktes gelewe het!!!
Groete en dankbaar
Tagged collagen, colostrum, fulvic acid, gut health, hippie shake, probiotics