Ek was voorgestel aan Pierre Ecohealth deur ń vriendin in Port Elizabeth, ek het gesukkel met IBS en leaky gut. Ek het deur die PE agent NI kolostrum bestel. (Estie Erwee) Mei 2018 het ons die stad verlaat vir ons Rivier droom en gevestig by Gamtoos Riviermond.
Ek het gou besef ek sal iets moet doen om besig te bly.
Estie het my gehelp om aansoek te doen en ek het besluit om die small starter pack te koop. Dit het net uit skoonmaak middels bestaan. Ons het NI Kolostrum en Supreme Pet verkoop op daai stadium.
Ek het Jeffriesbaai area oorgeneem van oorlede Cobie Mostert.
Estie was ons super depot maar het kort daarna verhuis na Bloemfontein.
Ek het my hand opgesteek vir super depot en het oorgeneem met ongeveer 5 aktiewe depots in die Oos Kaap.
Die Oos Kaap was gladnie bekend met Pierre Ecohealth nie en ons moes hard werk om die woord uit te kry.
Op ń stadium het ons oorgegaan na warehouses en ek het in ń klein kamertjie begin met my produkte en soos die produkte en besigheid gegroei het, het ek ń splinter nuwe dubbel motorhuis gekry vir my warehouse.
Aan die begin van 2022 het my droom nog groter geword en ek was gelei om Gift of Health oop te maak in Port Elizabeth, want ek wou ń verskil maak. 22 Maart 2022 het ek my deure oopgemaak (oh happy day)
Die Oos Kaap en Tuinroete het nou 16 aktiewe depots en ons verkope groei elke maand. Baie trots op my spannetjie.
Dit was ń ongelooflike reis tot nou, al het die baas my ook al weggejaag, die kat kom weer!!
Dit is ń reuse voorreg om deel te wees van die Ecohealth span. Die fabriek personeel ondersteun my geweldig en dra by tot ons sukses.
Was dit altyd maklik, beslis nie maar beslis die moeite werd.
Dankie Pierre vir al jou ondersteuning en JA jy was weereens reg, die winkel is te klein, ek buig die knie 😂

Kyk Pierre:

Hier het my Pierre@Ecohealth reis begin, met die klein starter pack wat net skoonmaak middels was.

Kyk hoe het jy gegroei in net 5 jaar.

Baie geluk, dit is wonderlik. Dankie vir alles wat jy vir mens en dier doen 🤗

Sommer baie dankbaar dat ons so lank saam op reis is ♥

Marietjie Lobb

Unit 5 Moffet Business Centre, 101 Restitution Avenue,

Overbaakens, Port Elizabeth 083 458 9773