Hier is nog n goedvoelstorie vir julle. Een van ‘n baie bekommerde ma. Haar eie woorde staan hieronder.
Nog ‘n Ecohealth sukses. Wat ons opdra aan die Gewer van die Goeie.
Die ma wat my instruksies op die punt gevolg het.
Wel, dis 3 maande? Wat sê julle?
Salomien Barnardo: Beenwond
Ons storie begin op die 11de November 2022 toe my dogter, Simoné, in fratsongeluk was. Sy beland met haar bo been onder ‘n groot Suv. Ons sit lank en wag by hospitaal en hulle stuur haar toe huistoe.
Op die 18 de November 2022 lyk dit presies soos die aand van die ongeluk en ons gaan terug hospitaal toe. Hulle besluit om haar na ander hospitaal oor te plaas waar hulle toe operasie doen om hematoom te verwyder.
Hulle het haar op die suction masjien en stuur haar terug na ons dorp. Paar dae terug en die wond is ontsteek en erg stink. Hulle stuur haar terug na die grootter hospital
Daar besluit hulle om alles wat vrot is af te sny.
Sy is terug op die suction masjien. Als verloop vlot maar die wond word nie gereeld skoongemaak nie. Op die 23 ste Desember 2022 kry sy ‘n “naweek pass”. Die 26ste Desember 2022 sê sy vir my die wond stink. Ek besluit om hom oop te maak en te kyk.
Dis wat ons kry, vrot reuk en ontsteek. Ek bel vervaart rond vir hulp en kom toe by ‘n tannie van die natuur uit, en sy kom met haar kaal voete en vere in die hare hier aan. Sy sê organiese moringa en tumaric meng met gekookte water en smeer hom duk toe. Dit werk effens en vat ten minste die erge rooi weg. Maar die tannie het my uiters senuweeagtig toe sy met 2000 soorte wortels en blare en takke en 6 keer kap kap aan die onderkant van ‘n bottel water om glo aora iets in water in te laat dat ek sê thank you but no thanks!.
Toe is die wond goud geel van die tumiric. Ek dank Vader vandag dat my gryse wyse moeder my vra “het jy al gehoor van Pierre van Ecohealth?” Ek spring toe op my selfoon en lees stories van veranderings wat mens se verstand te bowe gaan, en ek weet hierbinne my, nou het ons die antwoord. Ek stuur boodskap op Pierre se Facebook blad en sommer gou is ons aan die gang met die nuwe kleur van hoop…swart geaktiveerder houtskool.
Dit was morsig maar die moeite werd en soos die dae omgaan toe raak ek ‘n boffen met houtskool en mors nie meer so erg nie.
Op die 3de Januarie 2023 sê Pierre dis nou tyd vir helfde Treacle suiker en helfde geaktiveerde houtskool. En ons maak getrou twee keer ‘n dag skoon.
Soos die dae verbygaan begin hierdie wond LEEF! Hy word nie weer vrot of ontsteek nie hy is nou bloedvatreik en ons hou goeie moed! Iets is aan die gebeur!
Goeienaand Pierre, hierdie is vandag se twee skoonmaak sessies. Baie mooi skoon en geen gaga nie. Geseënde aand vir u
aanhouer wen. Wou die tweede dag haar terug stuur hospitaak toe van banggeit. Baie bly ons het deurgedruk! Baie dankie ons waardeer u opreg.
Goeienaand Pierre, ons nog aan die gang. Die vel krul ondertoe om en groei binnekant toe, ietwat bekommerd en wonder of die wond sal toe groei
Goeiedag Pierre, absoluut, julle mag maar. Gaan baie goed, sys terug by die werk en sys weer positief. Ek stuur foto van eergisteraand.