Ek is dankbaar vir die mooi storie.
Lees, en alle eer aan die Gewer van Kennis en die Goeie Gewer.
Tinky Bekker Nel en haar man, Okkie Nel.
Diabetes, hoë bloeddruk en Ecohealth se produkte: 24/03/2023
My man is gediagnoseer met hoëbloedruk omtrent vir 3 jaar.
Hy is in 2021 gediagnoseer as ‘n diabeet met ‘n baie hoë suikertelling.
Sy bloeddruk het in hierdie tyd ook deur die dak gegaan. Dokter het hom toe ‘n ekstra bloeddrukpil by gegee.
Hy het naas die twee bloeddrukpille, ‘n insulienspuit, nog ‘n verdere pil gekry saam met die insulienspuit.
My kopvel het gekrimp
Want ek het niks van die medikasie gehou nie, alhoewel dit help waar dit moes. Daar was egter soveel meer newe effekte aan verbonde.
Ek is ook ‘n diabeet.
My telling het op 13 begin. Ek het egter insulien geweier.
Verlede jaar, in 2022, het ek by my man aangehou dat ons na Pierre toe moet gaan. Hy het in Augustus ingestem.
Ons het by Pierre se fabriek aangekom. Hy het met my man gesels en als mooi verduidelik.
Ons het als by Pierre gekry wat gebruik moes word.
Die 1ste het my man se bloeddruk begin afkom. Ek wil bysê, dat ons nie oornag verwag het dat die produkte van Pierre moet werk nie. Hy het ook so gesê.
Ons was geduldig.
Ons het hom hierna begin speen van sy bloeddrukmedikasie.
Desember is hy van sy medikasie af en tot vandag toe gebruik hy nog steeds net Pierre se produkte.
Ons volgende gewaarding was dat sy suikertelling begin afkom het.
Hy het toe homself ook gespeen van die suikerpil. Net aangehou om Pierre se produkte te gebruik.
Die insulienspuit het hy elke keer ook ‘n eenheid minder gespuit van die 1ste af. Ons het gevind dit gaan bietjie op dan maar ons het vasgebyt.
So het ons aangegaan.
Ons moes 50 eenhede spuit.
Ons het stadigaan alles verminder totdat ons net 8 eenhede insulien gespuit het. Toe besluit ons, ons is klaar met insulien.
Ons het net aangehou met Pierre se produkte. Ons het bietjie geskrik toe die suiker weer styg. Maar ons het dit gemonitor en na 3 dae het dit weer gedaal.
My man is nou weke al sonder die inslulienspuit. Net Pierre se produkte.
Ek het ook as diabeet op Pierre se produkte gegaan.
Ons albei se tellings is nou daagliks tussen 5 en 6. Baie selde dat dit sal opgaan 7 toe, niks hoër.
AL DIE EER AAN GOD en kennis wat Hy Pierre gegee het om met ons te deel en dat Pierre gehoorsaam is om sy kennis met ons, wat dit nodig het, te deel.
Ons is baie dankbaar vir al die hulp van eerstens Pierre, en dan sy agent Tamryn-Lee Richie, wat uit haar pad sal gaan om ons bestelling elke maand voltallig aan ons te besorg.
Ons waardeer jul flenters mag die Here jul ryklik seën vir dit wat jul vir ons beteken.