Marelise Westfall en jongman Ryan. Kindersiektes.
Ons eie pragtige Marelise Westfall, Ecohealth se ouditeur, kom al jare saam met ons en Ecohealth se natuurlike produkte.
So knap as wat haar ouditeurswerk is, so ongelowig was sy (en vele vele ander), omdat ek nie ‘n dokter is nie) in Ecohealth se produkte.
Groesbeek Bernadette het al baie gepraat en verduidelik. Wat kan ek maak?
Ek kan maar net stilbly as baie slim mense in my twyfel.
Soos vele ander hier op die Blad wat “Dokter toe” skrou, dat jy elke 800 bakterie en elde stukkie plaak op die tong en dik mangels kan sien.
Nie eens te te praat van die verrekte kleintongetjie nie, as die laaste asem weer hees “Dokter toe” sis dat jy net plaak sien spat.
En dan hul koppe in ongeloof skud omdat mense nie luister nie!!!! Bleddie lot Ecohealth fools!!!!!
So sal jul die ongeloof in Marelise Westfall se verhaal sien.
So sal jul die foto’s sien van klein Ryan en moeder ‘n stresbol. So lees jul haar getuienis.
En sy is ‘n ouditeur, haar geliefde ook. Hul kan presies sê hoeveel geld hul al aan mediese kostes spandeer het
Marelise Westfall se verhaal
Ek wil graag getuig oor hoe Pierre se produkte my en my seuntjie se lewens verander het.
Ryan is gebore in die middel van Covid Lockdown. Ongelukkig het ons gesin siek geword met Covid net nadat Ryan 1 geword het. Hy was verskriklik siek en opgeneem in die hospitaal.
Na ‘n hele paar dae in die hospitaal en ‘n klomp medisyne het hy beter geword en is ontslaan. Maar daarna het hy maar altyd gesukkel met sy gesondheid.
Hy was twee dae by die skool en dan weer ‘n week siek. Hy was elke maand op antibiotika om hom uit die hospitaal te hou.
Ons medies was uitgeput nog voor die winter verby is.
Ek het hom so jammer gekry en het nie meer geweet wat om te doen nie. Ons het soveel geld spandeer aan vitamines, humidifiers, stoomgoed, medisyne en dokters, maar niks het hom gesond gehou nie.
Sy neus het altyd geloop en sy bors was konstant toe.
Die Oor-,neus- en keelspesialis het aanbeveel dat ons alle suiwelprodukte uitsny, omdat dit bydra tot die slym.
DIt was vreeslik moeilik, omdat hy kos kry by die skool en ek was so hartseer om te dink hy mag nie tee, kaas, jogurt, roomys of pizza of koekies kry wat die ander maatjies kry nie.
Die suiwel uitsny het nie ‘n wesenlike verskil gemaak nie, hy was maar nog kort-kort siek.
Tot ek November 2022 by Pierre se fabriek instap en Bernadette my vertel van kameelmelk.
Ek was baie skepties, maar ek het vir hom die kameelmelk gegee saam met die kiddies shake.
Binne 3 dae was sy neus oop en sy hoesie weg.
Sy juffrou het ‘n week later vir my gesê sy moes hom van voor af assesseer, want skielik kon hy alles hoor en verstaan wat sy sê, wat hy ‘n week tevore nie kon doen nie.
Hy het skielik vreeslik begin praat en sommer baie meer duidelik! Ek het die kiddies shake met die kameelmelk gevries in yslollies, hy was mal daaroor op warm dae en ek het gemoedsrus dat hy goeie, gesonde voeding inkry.
Dit is nou Februarie 2023. ‘n Rekordtyd sonder dokters en antibiotika!
Die laaste doktersbesoek was Oktober laas jaar, voor ons met die kameelmelk begin het. Ek het intussen in Januarie weer begin om vir hom suiwelprodukte te gee, sonder enige probleme, hy kan nou weer enige iets eet en drink!
Maar ek maak seker dat hy daagliks sy kameelmelk inkry.
Twee weke gelede was ek baie benoud, die skool het laat weet daar is weer vreeslike kieme en ‘n hele paar maatjies is siek.
Ek het weer daardie paniekerige gevoel gekry maar toe net ‘n ekstra lepeltjie kameelmelk ingegee met die kiddies shake. Hy is ook nou groot genoeg vir die koubare kindervitamines van Pierre en baie lief daarvoor.
Hy het so effense loopneusie gekry, maar die volgende dag is dit verby en hy is gesond!
Vandag is hy ‘n gesonde, besige seuntjie wat aanhoudend babbel, die wêreld verken en ons soveel vreugde gee.
Al die mense wat my ken sal ook kan getuig hoe siek hy altyd was, ek kon nêrens gaan nie en vandag het ons ‘n normale en besige lewe!
Ek is oneindig dankbaar. Baie dankie Pierre en Bernadette!
Tagged camel milk