Lourens en 70 kg gewigsverlies.
Wanneer mense na ander se gewig verwys, raak mens ‘n baie sensitiewe punt aan.
Jy werk met ‘n hele mens se selfbeeld en baie lange wroeging en selfs gevegte met God.
Vele stap hier in, uitbaklei, moeg en moedeloos en het alles op die mark al ten duurste probeer.
Vele mense sit gewig aan. Eet omtrent niks en word swaarder.
Hoe dan nou?
Is hul anders? Sweer hul word gestraf!
Die Bybel het baie wyshede en waarhede.
Een stelling in die Bybel staan daar geskrywe:
“My volk gaan onder weens ‘n gebrek aan kennis…”
Ek weet nie presies waar staan dit nie.
Maar, niemand in die mark wat geld uit hul wil maak verduidelik aan die slagoffers enige iets van;
- “Leptienweerstandigheid” nie
- Die rol van ghrelien nie
- die rol wat stres en byniere asook kortisol speel in die vetmaakproses nie
- Die moeder van alle moeilikheid, “Insulienweerstandigheid” nie
- wat waterretensie is nie, want vele mense is nie vet nie, versamel net enorme hoeveelhede water
- Die duiwel homself, “Suiker”, en sy bose bruid “Stysel” se bydraes tot verdikking van bloed, verharding van limf en bloedvate, versadiging van bloed, vervetting van are en limfvate nie en, die rol van suiker om hormone ‘n daggaklap te gee om heeltemal koploss in jou liggaam rond te val en verkeerde seine en boodskappe vir organe te gee.
- Die sluipmoordenaar in ons almal, “Uriensuur” wat artritis, jig en osteoperose veroorsaak…
Ecohealth vertel.
Skrywe daaroor. Wys fotos en videos daaroor. Ecohealth ontwikkel spesifieke produkte daarvoor wat pas by ons navorsing.
Tot op datum het hierdie jongman, Lourens, sowat 70 kg verloor. Ek kan fotos wys, maar die vraag is, is dit nie dalk seer en vernederend nie?
Christene Schoonbee het soos ‘n bulterrier vasgebyt en agter die skerms geraas en baklei om die jongman te laat vasbyt, wyl hy paar keer moedeloos was.
Sy kan nog fotos plaas.
Hy is trots vandag. Hy lewe. Hy verloor nog.
Lourens was by die eindpunt. By die finale draai. By opgee en net doodgaan…
Kyk. Dis nie maklik nie maar, dis moontlik.
Wees saam die klong bly en, jy kan ook. Jy moet net kies en net wil…
Kyk die video en al die fotos hier :
https://www.facebook.com/groups/pierredieregesondheid/permalink/3462053507378528/?_rdc=1&_rdr