Kameelmelk en die waarheid.

Een ding is seker: toe die Kameel gemaak is het Abba mooi gedink.
Hierdie skepe van die woestyn wat dae sonder water kan loop.

Mens sal dink hul stoor hul water in die twee knoppe op die rug maar hul doen nie.
Hul stoor water in hul bloed.
Maak hul neusgate geheel en al toe as die sandstorms waai terwyl reserve vet ophoop in daai twee knoppe vir die maer jare.

Maar kamele is meer as dit.
Dit gee krag en maak gesond
Nie sommer enige krag nie!
Superman!
Spiderman!
Batman en Hulk se krag!

So sê die driejarige Stephen Muller.
En hy weet. Hy is ‘n Suidwester, ‘n Windhoeker!

Sy mamma beaam:
“Hy was gedurig siek met griep en verkoue, long, en oorontsteking, you name it elke maand en net nooit gesond gewees nie.

Koeimelk protein allergie gehad ook tot so 2 jaar en ek het hom baie vroeg van melk afgehaal.

Met covid ons die viral buster begin gebruik ons seker 4 keer covid gehad met die gevolg my seuntjie was elke keer saam ons siek.

Ek hom ook viral buster begin ingee was dit nou n mission. 😁

Laasjaar my ma my vertel van die kameelmelk, almal het vir my gelag en uitgelag toe ek sê ek probeer die kameel melk nou, maar moet sê dit gaan beter met hom.

Toe ek video geneem het het ek vir hom bietjie gewone koei melk ingegooi en hy het dadelik vir my gesë: mamma ons kan nie aldag (hy bedoel heeltyd) net gewone melkies drink nie ons moet kameel melk drink’.

Hy voel die verskil en weet, dit maak hom sterk.”

Die geloof van ‘n kind is opreg en sonder fieterjasies.
Die kameel is volmaak gemaak.
So sy melk vir jou en my.
Kyk maar.
Probeer maar.
Glo maar.

Uit die mond van die suigeling kom die waarheid.
Wie kan daarteen stry?
Nie ek nie!

“Marelize Muller”