Die is net vir volwassenes.
Waarskuwing:
MOET NIE LEES AS JY SOET EN KUIS IS NIE.
Of soos ek nog steeds wit en rein en onskuldig is nie! Eish!
Ek wil nie aandadig wees aan vleeslike vergrype en boheemse gedagtes wat vroue so begeerlik en uitlokkend maak nie. Wat vele ander weer na die swart klede van sonde gaan laat gryp nie.
Die gedagtes, die gedagtes julle weet…
Dit is ‘n familieblad die! Onthou dit nê!
My beskeie opinie is die man skuld my daai boot wat ek wil hê. Daai langneusboot met die twee nuwe enjins wat net so purr purr purr as jy hul aansit.
Dis nou vir die meerminne julle weet!
“Hallo Pierre”
“Ek wil net uit my hart uit vir jou dankie se vir wat jy vir my gedoen het. Ek het 2 jaar met hierdie kandida en ontsteekte vagina-probleem gesit.
Dokters net antibiotika gegee en probleem het net erger geword. Ek het my man het geen sekslewe gehad nie. Dit was ongelooflik seer. Ek wou nie eers daaraan dink nie.
Ek was die eerste keer aan die einde van September by jou en jy het gesê ek hoef nie bekommerd te wees nie. Jy sal dit “fieks” en dit sal regkom.
Ek het maar bietjie baie getwyfel.
Maar wat kan ek verloor?
As die behandeling werk kan ek miskien net wen en, my man ook. He-he . Jy het gesê gee jou 3 maande.
Dis nou net bietjie meer as 2 maande, en dis 100% beter.
Ek het presies gedoen wat jy gesê het, suiker en stysel gesny, my handvol medikasie en kefir gesluk, baie moeilik maar het dit gedoen. Ek het gelyk soos n 9 maande swanger ou vrou van 58. Ek lyk nou net nog so 2 maande swanger.
Ek pas weer in my klere ook so dit was ‘n bonus sommer maerder en gesond geword.
Ek het gespoel met jou goed en só waarlik waar.
Ons het weer omgang probeer. Kan jy glo? Sowaar as wraggies, die hele ervaring was toe glad nie so erg nie.
Daar was geen erge pyn nie. Was werklik weer aangenaam.
Ons is baie dankbaar nie gedink dat ons ooit weer dit gaan reg kry sonder huil en pyn nie. My man is in die hemel.
Die enigste pyn nou is nóg steeds by die vagina se opening waar die infeksie so erg was en baie weefsel vernietig het.
Dis tans asof daar nie genoeg elastisiteit is nie en, daar is n baie klein skeurtjie.
As jy enige raad daarmee en daarvoor het en of miskien iets wat ons kan gebruik as smeermiddel. Of sal dit mettertyd ook reg kom? Ons gebruik maar ‘n kondoom. Gehoor die dames se my man moet ook behandeling kry want hy kan ook nou die kandida hê en weer oordra.
Hoe waar is dit, en as hy kan, hoe behandel ons hom dan of weet ons hy het dit?
Die ander ding is nog steeds die dronk deurmekaar kop van my, voel of ek ‘n zombie is. Hoe lank gaan ek so voel dis al amper 3 maande? Wat kan die oorsaak daarvan wees.
Sal definitief begin Februarie jou weer kom sien.
Wil net behoorlik kom dankie se.
Liefde groete…”