Ek is dankbaar…
Dis die derde persoon gesond van kanker, wat my vanoggend bel om dankie te sê. Of inkom om vir my dankie te sê.
Dan wil die trane wil loop. En laat ek erken, by my ook.
 
 
Jaco Bees van Wyk is so klong. Hier spreek hy sy dankbaarheid korrek uit. Want julle weet almal, dit is ‘n bomenslike ervaring en stryd en belewenis.
Die eer en erkenning behoort nie aan my nie.
Maar aan die Gewer van die Goeie.
Bees verwys vele mense na Ecohealth toe.
Hy gee ook sy erkenning waar dit hoort, en dit pas my. Die man het ‘n verdoemende getuienis teen sy lewe ontvang.
Hier getuig hy. Hier gee hy mense hoop. Hier spreek hy lewe.
Hier vra hy dat jy sal opstaan en veg. Solank jy lewe is daar ‘n kans.
Laat ek weer sê, ek is dankbaar. Dankbaar dat ons kon help om mense weer lewe te gee en hoop te gee.
Ek is dankbaar vir ons Ecohealth produkte. En jul weet dat ek geen belofte kan maak dat mense sal gesond word nie. Ek probeer net my beste.
Ek is diep dankbaar, dat ons produkte werk en help, met die Genade van Bo, die immuunstelsel stimuleer om sy werk te doen.
Dankie dat ek ‘n instrument en dienaar kan wees.
Gaan sê hallo vir die man in sy slaghuis in Ellisras.