blood-1024x614

Bloed is die mees samevattende en ook die mees komplekse biologiese vloeistof van die dierlike liggaam. Dit bevat letterlik alle elemente wat in die liggaam voorkom en in die bloedstroom absorbeer kan word. Hierdie elemente kom in ‘n verskeidenheid molekules voor,  soos ione, lewende en dooie selle, water, suurstof, koolsuurgas, selafval, limfvloeistof en alle ander produkte wat ingeneem is en in die bloedstroom absorbeer is. 

Bloed kan nie lieg nie. Wat in die liggaam se toestand aangaan, word in die bloed gereflekteer. Bloed se gedrag en reaksie teenoor ‘n verskeidenheid faktore reflekteer die toestand waarin die liggaam verkeer.  

Daar word voortdurend nuwe tegnologie ontwikkel wat nuwe toetstegnieke voortbring wat tot beter en meer deeglike bevindinge en ontdekkings maak om gesondheid te evalueer. Daar het ook in die moderne eeu vele funksionele gesondheidsberoepe ontstaan, wat die resultate wat in bloed gevind kan word in hul beroepe benodig.   

‘n Bloedanalise gee resultate van mineraal en vitamientekorte, inflammasie merkers wat in die organe en liggaam kan reflekteer. Merkers soos gevind in uriensuur, lewerensieme, suiker, soorte parasiete, bakteriese infeksies, swamme en vele meer kan holistiese en funksionele gesondheidswerkers instaat stel om protokolle voor te stel om natuurlike gesondheid te bewerkstellig. 

‘n Droë Bloed Analise  (DBA), ook genoem ‘n Oksidatiewe Stres Toets (OST) is ‘n baie effektiewe stuk gereedskap om ‘n toestande wat onderliggend in die liggaam reflekteer in ‘n DBA op te spoor.    

Kanker veroorsaak selskade weens die vrye radikale wat in die liggaam seldood en of oksidatiewe stresskade in weefsel veroorsaak. Dit demonstreer in ‘n DBA toets in unieke en spesifieke kenmerkende patrone op ‘n mikroskyfie, as dit droog geword het. 

Nuwe patroonontdekkings in die DBA toets wanneer dit droog geword het, het die voorkoms van vele inflammatoriese en kroniese toestande begin duidelik maak wat deur oksidatiewe stres in die liggaam veroorsaak word.   

Droë Bloed Analiese hier beskikbaar : 

• Vir enige navrae ivm Droë Analiese, skakel asb : 082 706 6638

BESTEL HIER :  https://shopecohealth.co.za/oc/index.php?route=product/product&product_id=1935

 

LEES PIERRE SE VOLLE SKRYWE HIER *