Is maar net ‘n kort, maar baie dankbare storie.
 
Ek getuig graag van my pad wat ek geloop het met ‘n diabetiese seer.
 
Agtergrondgeskiedenis
Ek is in 2005 gediagnoseer met diabetes.
 
In 2015 het ek n seer aan my regtervoet ontwikkel. Die wond het genees na omtrent 10 kursesse antibiotika.
 
In November 2022
Het ek op dieselfde plek weer n seer ontwikkel. Ek het op 16 Januarie na die Fabriek gegaan.
Sedertdien is ek daar behandel deur bekwame en toegewyde personeel waar Sarina uitstaan met die sorg.
 
Ek plaas 3 fotos van die wond tot 8 Maart.
Ek se baie dankie vir Pierre en sy personeel. Pierre is werklik n mense mens.