‘n Storie van Adele Volschenck:
 
Ek het nie mooi fotos van die toestand vroeër nie, maar ek vertrou dat jul die storie sal glo.
 
Hallo Pierre, hoop dit gaan goed met julle.
Kan jy asseblief advies gee of een van jul produkte sal werk. Ons het op Labrador hond afgekom in area wat nie behoorlik na gekyk word of gevoer word nie.
 
Ek het gister ‘n sak hondekos afgelaai. Een van die bure het die hond gebad, (hond het oral vlooie, hare val uit op.baie plekke). DBV was vandag daar en sê hul dat die hond heel moontlik brandsiekte het.
 
Die mense pas bloot die huis op, en het nie geld vir kos vir hulself nie, nog minder vir veaartskoste. Ek gaan maandeliks kos aflaai vir Bruno.
Is daar iets wat jy het vir die brandsiek?

Pierre:
Jip, bad hom met ons Propyrepet en gee hom animal shake. Ek sal dit skenk.
[17:00, 01/02/2023] Adele. Ek kom more Centurion toe, ek sal dit kom haal.
 
 
Hallo Pierre, ek hoop dit gaan baie goed met jou.
Ek wil graag terugvoer gee op Bruno die swart Labrador. Dit gaan baie, baie beter met hom!
Hy kry daagliks sy animal shake, en ek het jul honde arthritis kapsules ook vir hom gegee.
Al die vlooie is weg (ons sal vir nou voortgaan met weekliks bad, daarna elke tweede week)
Die kolle op sy rug waar geen hare meer oor was nie, begin weer groei en hy loop beter. 

Baie dankie vir jou advies en jul produkte Pierre! 🐶
Groete, Adele Volschenk
 
Pierre: Fotos asb en mag ek storie gebruik
Adele: Asseblief ja!
Ek gaan die buurvrou wat langs eiendom bly vra om fotos te neem van Bruno.