Peet de Necker
Foto heel onder is grusaam. (Nie vir sensitiewe kykers nie)!
Maar ek moet die waarheid wys oor wat Ecohealth se produkte kan doen.
Paastyd gaan in effek oor ‘n goeie verhaal. Een van hoop en geloof en opstanding.
Ek het nog stories.
Van hoop en geloof en opstanding na ‘n val en hooploosheid. Dood wat mense in die oë staar.
Ons moet die strories vertel. Van hoop en ongeloof, sodat ons ander hoop en geloof kan gee. Inspirasie.
Kan wys daar is antwoorde en moontlikhede
Jy mag dit NIE wegsteek nie
Dit glo ek is ‘n sonde.
Een wat jou duur te staan gaan kom as jy jou storie, van hoop, nie deel en ander hoop gee nie.
As jy dit nie deel nie, is jy ondankbaar en die Lewe het ‘n harde koue bitsige en vreemde en baie seer manier om met ondankbare mense te deel, hul maniere te leer tot dankbaarheid.
Jy verdien dan jou pak slae.
Foto’s
Hierdie fotos is van die grusaamste foto’s nog.
Ek het Joyce gevra om te kyk of sy dat kan dokter. Dit gaan oor ‘n bakterie wat die hele pubiese area se vel rou afgevreet het.
Alles is ontbloot.
Die hele anatomie. Geen geen maar geen vel van enige aard nie.
Jy sien net pypies en vlees en senings en geen vel oor niks nie. Dit is ‘n wrede omstandigheid. Jy sien die senings, die spiere, die verotte areas.
Wel… ek sit die gedokterte foto later op.
Hier is Peet de Necker se storie:
6 Jan 2023 die nag het Peet geweldig koors gehad en gekla van agter sy linker been bo is dit baie seer.
Ek het gekyk en gesien daar is n groterige rooi kol op die been, dit het warm gevoel ook. Omdat hy ‘n diabeet is, het ek dadelik ook sy suiker getoets en dit was geweldig hoog, die telling was bokant 20.
Ek het gedink n spinnekop het hom moontlik gebyt. Saterdag die 7de Jan, 2023 neem ek hom toe na ongevalle by ‘n staatshospitaal. Die dokter het gehoor Peet se asem jaag en het gevra of hy rook?
Peet rook nie.
Ek se toe ook vir die dokter dat hy sukkel om te urineer en dat dit al vir jare so aangaan.
Dr stuur hom toe vir x-strale sy longe is mooi skoon maar, sy hart is 2x groter. Daarom sukkel hy met asemhaling.
Dokter probeer 3-maal om ‘n kateter in te sit, wat onsuksesvol was.
Peet word opgeneem. Word op ‘n antibiotika-drup gesit. Die volgende dag, die Sondag, merk ek merk ek dat die rooikol agter op die been, groter geword het en beweeg na bo.
Ek het die suster aan diens daarvan in kennis gestel.
Daardie Maandag kla Pette dat hy baie seer het by sy privaat dele. By ondersoek sien ek die penis is letter weggetrek en die testikels is rooi, geswel en koorsig. Daar is duidelik erge inflammasie.
Weer stel ek die suster aan diens in kennis.
So gaan dit vir ‘n hele week aan. Vrydag 13 Januarie lui my foon. Ek word in kennis gestel dat Peet oorgeplaas word na ‘n ander staatshospitaal toe. Ek en my dogter jaag deur
By ons aankoms vind ons dat Peet al van 12-uur af in ‘n rolstoel sit. Sonder kos en water en niemand word by hom toegelaat nie. Daar is geen manier at Peet homself kan help nie.
Uiteindelik sien hy toe ‘n dokter.
Ek vra die Dokter om Peet asseblief na ‘n Uroloog te verwys. Dit was ook onsuksesvol.
Peet lê die hele naweek in die saal, sonder enige dokter, sonder enige versorging. Peet se geslagsdele is ontsettend geswel, dit brand en is baie seer.
Maandag 16 Januarie, 2023 probeer ek Peet bel, maar kry geen antwoord nie. Die hospitaal antwoord ook nie.
Die middag 10 oor 1, ry ek deur hospitaal toe. Ek word toe in kennis gestel dat bel ek hom kort kort maar kry geen antwoord nie. Probeer hospitaal kontak geen sukses. 10 oor 1 die middag kom ek deur na sy saal, ek word in kennis gestel hy moes vir n nood operasie gaan.
Ek skrik my boeglam.
Die saalsuster sê net dat hy in intensiewe sorg is. Maar voordat ek soontoe gaan, moet ek sy besittings in Saal 13 gaan afhaal.
By aankoms in Saal 13 is Peet nie in ICU nie. Peet lê daar, want daar is nie ‘n bed beskikbaar vir hom nie.
Uiteindelik word Peet later die aand ICU gestuur.
Die uroloog kom intussen by my aan en sê dat Peet “Fourier’s gangreen” het en dat hul baie diep moes sny om dit te verwyder.
Peet word oor enkele dae uitgeskuif
Na ‘n gewone saal toe.
Later is hy high care toe (2dae in icu en 1 en half dag highcare) toe gewone saal 15 toe.
Die uroloog lig ons toe in dat Peet se herstelpad lank gaan wees. Hul reken 2-3 maande want die wond het erg septies geword, en sy suiker is ook baie hoog.
Die 26ste Januarie, presies 10 dae na die operasie, ontvang ek ‘n oproep dat Peet ontslaan is en dat ek 12 uur daar moet wees.
Dit is toe die eerste keer dat ek die wonde sien. Dit was heeltemal te veel vir my. Ek kon dit glad nie hanteer nie.
Peet word huistoe gestuur met geweldige hoë bloeddruk. Baie hoë suiker Dis toe dat ek vir die 1 ste keer die wonde sien en amper omgekap. Hulle het hom huistoe gestuur met hoe bloeddruk, hoë suiker en totale septiese wonde om sy geslagsdele.
Ons opinie was dat hul besluit Peet neet eenvoudig gaan sterf en het hom daarom huistoe gestuur.
Die foto’s wys die totale geweldige septiese toestand.
Ons het geen hoop gehad nie.
Niemand het antwoorde nie. Niemand het raat nie. Niemand het produkte wat moontlik verligting kan bring nie. Peet het weerloos en uitgelewer by die huis gelê en was besig om voor ons oë agteruit te gaan en te sterwe.
Ons het ons stryd en hartseer op Facebook vertel.
Ons moedeloosheid en ons verlorenheid. Vele mense het van Pierre Ecohealth gepraat en ons storie na hulle toe gestuur.
Bernadette Groesbeek het vir Pierre gevra wat kan hulle doen en of Ecohealth dan dalk die produkte kan borg?
Bernadette het ons die 8ste Februarie gekontak gemaak en gesê dat hul ons sal probeer help. Ecohealth sal die produkte geborg.
Ons finansies was met die omstandighede heeltemal uitgeput en baie min.
Ons het 11 Februarie 2023 met Pierre se produkte en sy voorstel hoe om die wond te behandel begin, nadat Bernadette dit vir ons gestuur het.
Sarina Pieterse was ons kontakpersoon.
Ons eerste “update” oor Peet was 19 Februarie aan Sarina.
Hallo Sarina hoop dit gaan goed met jou. Net ‘n vinnige vorderingsverslag 0or Peet se vordering.
Die wonde lyk ongelooflik goed, ek het hom Vrydag by ‘n privaat dokter gehad. Ek het hom al die foto’s gewys tot en met laas week Donderdag.
Hy kon dit nie glo nie. Hy het gevra wat gebruik ek en ek het hom gewys wat julle gestuur het, en gewys wat se salf en skoonmaak goed ek gebruik.
Hy is baie, baie beïndruk.
Ek moet ook noem dat vandat Peet die produkte begin gebruik het, het sy suiker ook stadig maar seker af gekom. Dit is nou 9.
Baie dankie vir jou en die span wat alles vir ons geskenk het.
- Die regterkant was die 26st Jan en links 28Feb.
- Die 16de Maart sal dit 2 maande wees.
Die Dr reken dit sal n jaar plus vat voordat hy herstel ook omdat hy ‘n diabeet is.
Maar ek glo dit nie, want kyk hoe mooi lyk dit al. Hierdie goed wat julle stuur is absoluut fantasties.
Ek het net al gewonder of julle dit nog sal borg tot hy gesond is.
Dis ‘n lang termyn herstelproses die. Hy is nou op sy 2de pakke pille wat hy net drink soos hy moet, jy het op die pakke geskryf