Nog ‘n GOEDVOELSTORIE en ‘n UIT MY HART UIT – DANKIE!

Liewe oom Pierre.
Ons gesin wil baie dankie sê dat oom ons dogtertjie (Liré) gehelp het met (uiteindelik) die regte behandeling na baie dokters en spesialiste nie antwoorde gehad het nie. Waar hul selfs “brain scans” aanbeveel het en ‘n gewas op haar brein vermoed het…
Dis waar ek die streep getrek het en gesê het ons is nou klaar met al die dokters se raaiskote.

Dit was daaglikse migraines, gastritis, opbring en permanente erge sinus. Selfs so erg dat sy ‘n bril moes begin dra en haar gehoor in een oor begin verswak het. (Ons het agv die migraines selfs haar oë en gehoor laat toets)

Oom het natuurlik nadat ons by die fabriek was, voorgestel dat sy 1liter kameelmelk ‘n dag drink en nog ‘n klompie ander produkte daarmee saam moes gebruik, gesê ons moet ‘n hele lys kosse ens. Uitsny en vandag kan sy weer LEEF!!!
(Selfs haar sig het herstel)😮 Oogarts het bevestig dat sy na ‘n jaar van bril dra, nie meer een nodig het nie.

My kind kan weer ‘n kind wees en ek prys Vader dat hy mense soos oom die kennis en gawes gee om ons te help.

Ons hele gesin is sedertdien op ‘n boks vol van oom se produkte wat ek maandeliks bestel.
(In ons huis word ALLES van oom Pierre gebruik, oom se naam is soos ‘n oupa vir ons, ons is lief vir oom soos ons eie oupa)

Ons is opreg dankbaar!

Baie liefde,
Shirly Hurn