012 880 4685

Histamien

Spread the love

Oorsake van Allergiese reaksies en Voedsel onverdraagsaamheid by mens en dier.

Pierre van Niekerk

Allergiese reaksies en Voedselonverdraagsaamheid

  • Alhoewel beide soortgelyke simptome toon
  • Is dit twee heeltemal verskillende toestande
  • Persone wat beinvloed word, benodig kennis en deeglike onderskeiding tussen die twee toestande
  • Verskillende behandeling is ook nodig

Deel 1: Allergiese reaksies het twee oorsake

  1. Immuunrespons wat deur die immuunstelsel veroorsaak word.
  • Voedselintolleransie, wat in die spysverteringstelsel ontstaan, het te doen met die verwerping van voedselkomponente.
  • By allergiese reaksies reageer die liggaam “aggressief” teenoor alledaagse omgewingsfaktore soos stof, stuifmeel, reuke, ens.
  • Die “snellers” wat allergiese reaksies veroorsaak, word as “Allergene” beskrywe.

Allergene of “snellers”

  • Kom voor in kossoorte, stuifmeel, stofmytkarkasse in kussings, speekselproteïen van muskiete, vlooie, bedmyte, ens.
  • Verskeie diere se pelse bevat proteïene wat allergiese reaksies kan veroorsaak. (Katte as voorbeeld)
  • Verestof en skimmels van voëls kan ook dien as ‘n sneller of allergeen
  • Allergiese reaksies word veroorsaak deur;
  • Geskeduleerde medisyne, wat hewige reaksies kan veroorsaak.
  • Huishoudelike skoonmaakmiddels, sepe, waspoeiers, wasgoed-versagmiddels, toiletreinigers, lugverfrissers, politoer, ens.
  • Velsorg en skoonheidsmiddels reukweerders, roomsoorte, velprodukte, haarkleurmiddels, grimmering
  • Bakterie en swamme wat op afval en verotte voedsel voorkom

Allergiese reaksies, allergene of “snellers” by mens en dier

  • Kom in die mees “onskuldige” produkte voor
  • Kom voor in die reuke van “onskuldige eetbare” produkte
  • Van kunsmatige kleurstowwe in voedsel, soos skyfies en “snacks”
  • In kunsmatige smaakmiddels van voedsel
  • In chemiese middels, om brood te laat rys, vleis se kleur te behou, verrotting by groente en vrugte te keer
  • In preserveermiddels om veroudering en verrotting in geprosesseerde voedselprodukte te keer

Daar is verskillende tipes immuunresponses

  • “Rinitis” of hooikoors, beïnvloed die slymvliese van die neus en oë.
  • Ekseem verwys na verskeie soorte velreaksies
  • Voedselallergieë kan die bloedvatstelsel ontwrig, wat disfunksionele gedrag in die dermkanale veroorsaak
  • Ontwrigting in die bloedvatstelsel reageer nie net op die vel nie, dit kan die asemhalingstelsel, longfunksies en lugweë gevaarlik disfunksioneel laat.

2.Voedsel-Onverdraagsaamheid

  • Voedselonverdraagsaamheid is ‘n reaksie wat vanuit die spysverteringstelsel ontstaan.
  • Hierdie reaksie ontwikkel teenoor ‘n voedselsoort, soos meelprodukte, (gluten), suiwel, bymiddels in kosse soos preserveermiddels, kunsmatige kleurstowwe en kunsmatige geurmiddels.
  • Die immuunstelsel, wat infeksies beveg, beleef hierdie voedselprodukte as ‘n “skadelike indringers” en ontlok ‘n reaksie.

Voedsel- Onverdraagsaamheid

  • Wanneer die immuunstelsel teenoor allergente of snellers  in voedselsoorte reageer
  • Kan dit gevaarlike en erge reaksies by mens en dier veroorsaak
  • So ‘n reaksie word “Anafilaktiese skoktoestande” genoem.

Opsommend: Allergiese Reaksies

  1. Word deur omgewingsfaktore veroorsaak:

Omgewingsfaktore soos;

  • Stof
  • Insekbyte (Proteïen in speeksel)
  • Stuifmeel
  • Grassoorte
  • Huishoudelike skoonmaakmiddels
  • Geskeduleerde medisyne
  • Troeteldiere se hare/pels/ vere
  • Skoonheidsmiddels

2. Word deur voedselprodukte veroorsaak:

Voedselprodukte soos;

  • Kleurstowwe in voedsel
    • Kunsmatige geurmiddels
    • Preserveermiddels
    • Meelprodukte en gluten
    • Neute
    • Suiwel

Histamien

Ontwikkel by ‘n allergiese respons of reaksie in die liggaam

  • Daarmee genereer die immuunsisteem teenliggaampies (IgE)
  • Waarop ‘n reeks chemiese reaksies plaasvind
  • En “Histamien” uit dit ontwikkel

Histamien is ‘n substansie met kritiese funksies;

  • Dit kommunikeer boodskappe na die brein
  • Versnel die vervaardiging van maagsuur om te help met vertering en digestie
  • Veroorsaak na ‘n besering ‘n allergiese respons, ‘n natuurlike immuunreaksie
  • Histamienvlakke moet met die vervaardiging van 2 ensieme
    • DOA en
    • HNMT in balans gebring word

Die “Pinda-effek”

  • Sommige mense (en troeteldiere) kan ‘n hewige en skielike histamienreaksie ontlok by selfs die reuk van produkte soos reukweerders, sepe en sekere kosse.
  • Die inname van hierdie voedselprodukte, selfs in baie klein hoeveelhede, kan lei tot ernstige immuunreaksies
  • Wat onmiddelike en drastiese mediese optrede benodig
  • Soos die toediening van inspuitbare kortisoon, adrenalien, en antihistamien

Wanneer die liggaam te veel histamien opgaar

  • Moet die histamien in balans gebring word met die produksie van twee ensieme in die spysverteringskanaal.
  • Ensieme DOA en HNMT
  • Die gebrek aan vervaardiging van die twee ensieme veroorsaak ‘n wanbalans (opgaar) van histamien in die liggaam
  • Waarna verskeie soorte allergiese reaksies volg en Histamien intolleransie” ontwikkel.

Samevatting

Die liggaam moet dus vir ‘n histamienbalans

  • Die ensiem DOA of “Enzyme Diamine Oxidase” en Histamien-N- metieltransferase (HNMT) produseer.
  • DAO is verantwoordelik vir die afbreek van histamien wat in voedsel voorkom
  • Alle voedsel, ongeag wat ook al geëet word, bevat verskillende hoeveelhede histamien wat die liggaam dan opneem
  • Wanneer die spysverteringkanaal nie as teenreaksie genoegsaam “DAO” en die prosesseringsensiem HNMT vervaardig nie.
  • Pot groot hoeveelhede histamien op in die liggaam.

Mens en dier met ‘n histamien-intolleransie

Het dus ‘n wesenlike tekort aan die ensieme;

  1. Diamienoksidase (DAO)
  2. En die prosesserings-histamien, Histamien-N-metieltransferase (HNMT)

´ Die vraag is dus hoe word die tekorte aangespreek en opgelos?

Deel 2: Voedselallergie

  • Voedselintoleransie ontwikkel hoofsaaklik weens “ongewensde” voedsel in die spysverteringskanaal.
  • By voedselintolleransie speel die immuunstelsel nie ‘n onmiddelike belangrike rol nie, en tree nie sommer as “Beskermer” in nie.
  • Hierdie toestand kom voor wanneer ‘n komponent van voedsel nie deur die ensieme in die spysverteringstelsel verdra of aanvaar word nie
  • En as “vreemd en gevaarlik” vir die liggaam identifiseer word.

Voedselallergie

  • Kan asemhalingsprobleme veroorsaak
  • Hoes en heesheid, krappende keel, proes, sinusdrup
  • Urtikarie, (veluitslag) ook genoem “hives” of “skin bumps”
  • Bloedruk laat daal
  • Braking meebring
  • Maagpyn veroorsaak
  • Jeuk in die mond, wange en verhemelte veroorsaak
  • Swelling van verskeie slymvliese, bv. oogvliese veroorsaak
  • Kan anafilaktiese skok veroorsaak, wat kan lei tot die dood

Voedselallergie of voedselintolleransie

Die oorsake van voedselonverdraagsaamheid is uiteenlopend.

  • Dit kan ensiemtekorte in die spysverteringstelsel wees wat lei tot ‘n oormatige sensitiwiteit vir komponente in soorte voedsel. Byvoorbeeld.

“Laktose-intoleransie”

  • Laktose-intolleransie word veroorsaak deur `n gebrek aan die ensiem, “Laktase”
  • Die ensiem word deur verskeie organismes in die spysverteringskanaal produseer.
  • ‘n Tekort aan die ensiem veroorsaak dat die suikers in suiwel nie as voedselbron vir die liggaam afgebreek kan word nie, en ‘n toestand van
  • Laktose-intolleransie of voedselonverdraagsaamheid ontstaan.

Redes vir Histamien Intolleransie

  • Voorskrifmedikasies: Want dit blokkeer verskeie DOA funksies in bloedstroom
  • Dermtoestande soos “Leaky Gut en IBS (Inflammatory Bowl Disease) voorkom weer die normale produksie van die DOA ensiem.
  • Histamienryke voedselsoorte wat ingeneem word, kan die natuurlike werking van DOA-ensieme beperk en ontwrig
  • Ongesonde hoeveelhede bakteriese (Kandida Auris en Kandida Albicans) ontwikkel spysvertering- wanbalanse in die liggaam
  • Slegte mondhiëne, want skadelike bakterie wat ingesluk word by maagsuurwanbalanse (pH) laat skadelike bakterie deur.
  • Bakteriese habitatte ontstaan ook omdat voedsel nie behoorlik fyn gekou word nie
  • Dit veroorsaak ‘n habitat vir bakteriese verrotting in die spysverteringskanaal, i.p.v. vertering van voedsel.
  • Wat tot ‘n oorproduksie van histamien lei.

Histamienryke Voedsel

  • Alkohol en gefermenteerde bierprodukte
  • Gefermenteerde kosse soos sauerkraut, jogurt, kefir, kambucha
  • Droë vrugte
  • Advokado
  • Eiervrug
  • Spinasie
  • Gerookte en geprossesseerde vleise
  • Skulpvis, mossels, perlemoen
  • Verouderede kaassoorte

Snellers van Histamienproduksie

  • Alkohol
  • Piesangs
  • Tamaties
  • Koringprodukte en meelprodukte (gluten)
  • Verskeie soorte bone
  • Papaja
  • Sjokolade
  • Sitrus
  • Neute, grondbone, walnut en cashew
  • Kunsmatige voedselkleurstowwe en voedselgeurmiddels
  • Preserveermiddels in voedsel

DOA Ensiem Blokkeerders

Voedsel wat die ensiem DAO se produksie in die ingewande verhoed:

  • Oormatige alkohol
  • Swart tee
  • Groen tee
  • Mate tee
  • Kaffeienryke “energie” drankies

Moontlike redes waarom Allergië ontstaan

Nie as kind voldoende blootgestel aan die aarde en diere in die (innate period) periode van kinderontwikkeling

Om vroeë natuurlike weerstand in immuunstelsels te ontwikkel nie.

Dit wil sê onvoldoene blootstelling aan bakterie en mikrobes en ander organismes wat weerstand kon opbou

Gebrek aan natuurlike immuunbouers en imuunmoduleerders

D.w.s. Voedingsprodukte soos kolostrum en probiotika, om die immunstelsel te help om teenliggaampies te vervaardig teen allergene.

Die LEAP Studie van 2015 beveel aan dat kinders baie vroeg (Innate period) blootgestel moet word aan hoë allergene voedselsoorte

Soos grondboontjiebotter, eiers en suiwel, om weerstand teen hul hoë vlakke van histamien en potensiële allergene te ontwikkel.

Moderne manière waarop voedsel voorberei word, rou teenoor gestoom en of gekook.

Speel ‘n rol in in die hoeveelheid histamien wat ingeneem word.

Lae Vit D-vlakke (sonlig) speel ‘n waarskynlike rol by die ontwikkeling van natuurlike weerstand teen allergiese reaksies.

Onbewustelik kan “onskuldige” bronne, soos sonrome en velbevogtigers, ekseem en vele ander velkondisies se oorsprong wees. 

Veranderende probiotiese bakterie in die spysverteringstelsel weens medikasies, veral antibiotika.

Lae veselryke dieëte moduleer die immuunfunksies van die liggaam, wat op hul beurt tot die vroeë ontwikkelling van allergiese toestande lei

Min kennis oor watter kosse en faktore persoonlike allergiese toestande stimuleer en instand hou.

Immuunonderdrukkende gedrag, soos hardlywigheid, Suikerinname, verkeerde kolon- en lewerfunksie bestuur

Min kennis en begrip van die Immuunstelsel

  • Die liggaam se belangrikste dokter is die Immuunstelsel.
  • Dit word nie in die moderne lewe promoveer nie. Pille en strope word.
  • Word ook nie aktief onderhou en uitgebou om alle siektes aan die mens bekend, selfs kanker, te onderduk en te voorkom nie.
  • 70% van die Immuunstelsel is in die kolon gesetel.
  • Swak kolonbestuur en lewergesondheid, is waarskynlik die oorsaak van meeste

allergiese en siektetoestande

www.pierre-ecohealth.co.za 012 880 4685

×