Ja, dis nie altyd maklik vir my of my personeel nie.
Omdat ek nie ‘n dokter is nie. En soms word hul sleg behandel omdat hul so “dom” is om vir ‘n niksmens soos ek te werk.
Maar wat ek nie met papiere kan of wil wys nie, wys ek met my hande, die resultate.
Dis die jaar 2023.
Ek sit met horde, horde goedvoelstories. Wat ek gaan plaas. Ek kan seker al ‘n maand se stories nou al plaas. Vooruit. Wat wonderwerke is, en daarom, juis daarom…
Verkies ek om al die erkennings te gee aan die Gewer van die Goeie, die Skepper van Kennis.
Dit kan niemand van Hom af wegneem nie.
Dit lewe. Dit is waar.
Ongelooflike goed. Wat ‘n gewone mens soos ek nie kan skep of regkry nie. En dit is my bevryding. Hierdie wonderwerke is nie ek nie, maar dit is ook nie ander nie…
Goedvoelstorie 1 van 2023
Jacobus, die ongelowige (hierna verwys as ongelowige Thomas) Wat op dag 3, in ‘n volle drie dae, ons eie gelowige Jacobus geword het.
In die jaar van onze liewen Heer, ek weet nie van watter jaar van jaar hoeveel nie, is Jacobus gediagnoseer met Cellulitis.
Waarvan hy die, die heer, herstel het.
Maar die linker been, die was vol geite. Die was nie heeltemal reg nie en was ook nooit weer dieselfde nie.
In daardie jaar van onze Liewen Heer, 2012, stamp hy sy enkel. ‘n Klein stukkende plekkie ontaan.
Die seertjie word nie gesond nie. Dit word net groter. Jacobus doen die regte ding. Hy gaan dokter toe
Die dokter doen toe ‘n uiters moderne veloorplanting
Dit is toe nie suksesvol is nie. Die plekkie rebelleer toe en word vir jou behoorlik vrot.
Dit bereik uitstekende vlakke van groter word en vrot, met ‘n goeie skeutjie stank daarby.
Die heer Jacobus, is vandaar op ‘n woestyntog van 6 jaar.
Van “goeie bekwame wonderlike wondsuster” na ‘n ander nog beter, en dan na nog ‘n ander en nog beter een.
En almal wat oor en oor dieselfde ding doen, met uitstekende gevolge..
Die wond word nog seerder, nog groter en nog vrotter en, bykomend, nuwe geure van stank kom by.
So suksesvol is dit, dat sy Mediese Fonds hom afskop. Of uitskop. Was in elke geval ‘n moerse skop, watter een van die twee dit nou ook al was.
Dit laat mens gewoon eindig in Longdropstraat.
Maar teen die tyd, na al die jare se sukkel, het die Heer Jakobus se suster nou ook al volgat geraak vir Jakobus.
Sy suster kry hom blykbaar beet.
Daar waar dit so seermaak dat enige man wat aan daardie deel van die anatomie beetgekry word, maar terwille van die pyyyyyyyn net ingee.
Glad nie seker of Jakobus besny is nie, so daardie volledige detail kan ek dus nie gee nie.
Ek weet dus nie presies hoe nie.
Sy dwing hom na Ecohealth toe.
Jakobus verander toe in Ongelowige Thomas.
‘n Rebel van die eerste waters, blykbaar die heer.

Geen mens met twee breinselle gaan na daardie obskure man Pierre en sy eenvoudige plekkie toe nie.

Daai man is nie ‘n dokter nie. Hy is nie eens ‘n Sangoma nie. Hy is bokkerol. As die dokters en spesialiste so sukkel, wat kan hy doen?”

So kom sit Jacobus, alias Thomas, in Ecohealth se obskure kamertjie.
Die bose man sonder pampiere is nie daar nie.

Nou, nou, nou moet hy nog met sy onbekwame personeel ook deel, wat telefonies en met fotos van die kwak opdragte kry?

Hy, Jacobus, alias die Thomas, maak geen geheim daarvan dat hy baie ontevrede is nie.
Nou moet Sarina Pieterse en Chanel mooi praat. Verduidelik oor en oor en oor aan die man dat ek dalk weet wat ek doen.
Waar is sy papiere? Hoekom hang dit nie hier teen die mure nie?
Sarina Pieterse verduidelik verder:

Maar ons praat mooi, verduidelik mooi, trek sy stywe kompressie kous uit

Nou hoe gaan hy die kous nou weer aan kry, protesteer hy?

Ons sê: Jy gaan nie hom nie ooit weer aantrek nie!

Waaaat? Vra hy. Die vaskulêre sjirurg gaan ‘n oorval kry, hy móét hom dra vir bloedsomloop.

Ons rol ons oë want ons wou die kous sommer afsny.

Ja ok, seg hy: “kom ons probeer.

Maar onthou die Vaskulêre chirurg gaan my wegjaag, een het my al weggejaag en wat maak ek dan?” En my afspraak by hom is komende Dinsdag, 3 Januarie 2023.

So gaan ons maar ongestoord aan
Doen ons ding soos Pierre ons geleer het.
Masseer sy been en smeer houtskool mieks op die seer. Die res van die rooi been smeer ons sommer lekker Pierre se mieks en draai toe.
Jacobus, alias ongelowige Thomas loop toe daar by Ecohealth uit. Stywe kous onder die arm.

Effe onsteld en liggies dikkerig om die kaak en kiewe. Want wat sê hy nou vir die vaskulêre sjirurg en die huidige wondsuster?

Dag 2 kom hy daar aan:
Kleur van sy been is bietjie ligter. Hy het lekker geslaap. Sere begin mooi tekens alreeds toon. Ons doen dieselfde: masseer, houtskool mieks en Pierre se mieks aan die res.
Dag 3 kom hy daar aan
Met so fyn besnede amperse huppel in die stappie.

Gesels sommer uit sy eie uit vrolik en wragtag ‘n glimlag. Die pyn is BAIE minder beduie hy. Net nog bietjie gevoelig as ons masseer.

Mag hy 2 min noodles eet, vra hy? Hy is baie lief daarvoor?
Nee, mag dit nie eet nie, want dit is stysel.
Dikbek is die klong.
Maar hy vergeet gou van sy 2 min noodles toe ons sy wond oopmaak en fotos vir hom wys.
Hy kan dit nie glo nie, ons kry in 3 dae reg wat dokters en wondsusters nie in 10 jaar reggekry het nie.
Vervolg ….
Pierre v Niekerk