Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

LEES ASSEBLIEF SORGVULDIG DEUR

WAT JY MOET WEET:

Om n depot te wees veg harde werk, omgee en tyd. Dit is nie n "Get Rich Quick Scheme" nie.

 

Die volgende noodsaaklikhede:

1. Internet Toegang

2. Internet Banktoegang

3. ALLE BESTELLINGS MOET AANLYN GEDOEN WORD EN OOK SO BETAAL WORD

4. Geen depot mag direk by die fabriek bestellings plaas nie. 

    Ons het prosesse in plek wat gevolg MOET word om sodoende die fabriekswerklading te verbeter - Daarom NET AANLYN BESTELLINGS.

  

Navorsing is noodsaklik, lees Pierre se Blog's, doen jou eie navorsing, lees die Facebook blad en kyk na sukses stories, produkte kennis is noodsaaklik. Jy moet jou eie kennis opbou. 

Daar moet 'n passie wees vir die produkte, beter nog as jy self die produkte gebruik. Jy is jou eie beste verkoper. Daar moet n basiese begrip wees vir die konsep van natuurlike produkte en natuurlike gesondheid. As dit nie teenwoordig is nie sal jy nie 'n sukses maak van jou nuwe besigheid nie.

 

Natuurlike gesondheid is 'n "way of Life"

Ons produkte verrig nie oornag wonderwerke nie. Jare se verkeerd eet en misbruik van die liggaam veroorsaak gesondheidsprobleme.

Ons maak geen aansprake met ons produkte nie, dit is slegs voeding wat die liggaam help om beter te funksioneer.

 

Geen produkte mag herverpak word nie. As 'n depot verkoop jy die klaargemaakte produk wat direk by ons aangekoop word. Regsaksie sal geneem word indien ons uitvind dat produkte herverpak word of teen 'n ander naam verkoop word.

 

Geen depot kry alleenreg op n area nie. Daar mag meer as een depot 'n area bedien. Ons voorstel is altyd dat depots moet saamwerk. Ons raak nie betrokke met onderonsies tussen depots nie. As so iets gebeur sal ons die harde besluit maak om een of albei depots summier toe te maak.

  

As jy as 'n depot registreer beheer jy jou eie besigheid, jy koop produkte aan en herverkoop, jy is 'n beeld van Pierre at EcoHealth (Pty) Ltd. Indien daar enige skade aan die beeld kom as gevolg van 'n depot se optrede sal die depot ongelukkig nie verder deel kan wees van ons span nie.

  

Voorgestelde pryse is Fabrieksprys plus 'n afleweringsfooi - Indien daar koerierkoste betrokke is, is dit om produkte by jou te kry.

Let asseblief op dat ons geensins verantwoordelik is vir 'n Depot se advertensies, pryslyse of bemarkingsmateriaal nie.

 

Bemarking - Daar is digitale advertensies beskikbaar wat gebruik mag word soos voorgestel. Daar is spasie vir jou Naam, Nommer, en Area alleenlik. GEEN ANDER VERANDERING OP ADVERTENSIES WORD TOEGELAAT NIE. Let asseblief op dat ons geensins verantwoordelik is vir 'n Depot se advertensies, pryslyste of bemarkingsmateriaal nie.

 

 Jou eerste aankope moet R1600 of meer wees, daarna ten minste R2000 per maand met groei oor tyd natuurlik. Ons monitor aankope aangesien ons mense kry wat net aansluit om aflsag te kry op produkte vir eie gebruik. Ons is baie streng met die proses.

 

 Na jy jou eerste bestelling geplaas en betaal het, word jy gelys op ons webwerf as 'n agent en jy word bygevoeg op ons whatsapp groepe waar jy kan raad vra en produkte kennis kry.

  

HIERMEE DIE BELANGRIKE GOED: (ALLES MOET GEDOEN WORD ANDERS SAL JY AUTOMATIES NIE GOEDGEKEUR WORD NIE)

1 - Die aansoekvorm hieronder voltooi en deurstuur (Jy vind jouself nou op www.pierre-ecohealth.co.za/depotapplication)

2 - Op ons aanlyn winkel volledig registreer

3 - EN jou volledige Engelse adres intik op die volgende skakel ( https://shopecohealth.co.za/oc/index.php?route=account/register)

     (hier gaan jy jouself vind op die aanlynwinkel se webblad) 

     Deur om "continue" te druk kom jy by n plekkie om jou adres in te sit - DOEN DIT ASSEBLIEF!

 

Wanneer jy al drie stappe bo reg gedoen het, kan jy per epos vir Tanya laat weet.

Op goedkeuring, sal jou profiel verander word na Depot pryse toe, dit beteken fabrieksprys min 18%.

In jou epos beantwoord asseblief puntsgewys die vrae:

 

1. Waar het jy van ons gehoor?

2. Gebruik jy tans enige van ons produkte?

     Indien wel, watter?

3. Wie is jou huidige depot by wie jy koop?

4. Verduidelik hoe natuurlike gesondheid in jou lewe van toepassing is.

 

Hierdie is net 'n aansoek. Jy is nie 'n depot tensy jy goedgekeur is nie.

Depot pryse vir jou eerste aankope, maak jou ook nie n depot nie.

Ja, ons is baie streng met keuring en die volg van prosedures.

LEES ASSEBLIEF WEER DIE REëLS DEUR OM SEKER TE MAAK JY VERSTAAN.

 

 Vul asseblief hierdie vorm in Engels in.

(Volle en korrekte straatname. poscodes en provinsies - Ons werk met n Engelse Google Map)

Fields marked with * are required.

Depots / Shops

.

PLEASE CLICK ON MAP TO VIEW ALL DEPOTS IN SOUTH AFRICA (OR YOUR AREA)

PLEASE CLICK ON THE WHATSAPP NUMBER FOR DIRECT COMMUNICATION WITH YOUR AGENT

Depot list

Cookie Policy

This site uses cookies to store information on your computer.

Do you accept?